Wednesday 27 July 2011

Toilet Humour

As daar nou een ding is wat ek nog nooit verstaan het nie is dit mense wat lees op die toilet. Ek het dit die eerste beleef baie jare gelede as klein kind to ek by my oom en tannie gekuier. Hulle het in 'n groot huis gebly, wat my as kind laat dink het dat hulle baie ryk was.
Dit was a sondag in die skool vakansie en hy, my oom, het winkel toe gegaan die oggend om die Rapport te koop saam met 'n lys van dinge wat my tannie nodig gehad het. Ek het by die tafel gesit en prentjies geteken, iets wat ek nou nog doen. My oom kom by die huis, hy sit die sakke in die kombuis en verdwyn in die gang af. Na my prentjies klaar is voel dit soos twee ure wat al verby is en ek, opgewonde oor my kak prentjies, soek my oom om hom te wys. My tannie se net dat hy sy koerant gaan lees het. Ek wil weet waar want sekerlik kan hy n minuut afstaan om te kyk na my kuns en maak of hy daarvan hou. Nee, verduidelik my tannie, hy lees terwyl hy op die toilet sit en 'n nommer twee maak.
Drie duisend vra en situasies vlieg deur my kop op dieselfde tyd en my tannie mos dit op my gesiggie sien want to sit my sommer aan die werk om haar te help met die kos. My mamma lees nie op die toilet nie en sy hou baie van lees. Sy kan n boek in ‘n aand klaar lees. As kind al het ek snaakse dinge kon sien, diere wat op n snaakse manier aan mekaar vas sit boud na boud, tannies wat in koue aande met kort rokkies op die straat staan, mense wat dood is, maar iemand wat op die toilet sit en lees, dit was vir my heeltemal wilds vreemd.
So paar maande later is ek by die huis met 'n maag wat bitter kwaad is vir my en dit smaak my ek spandeer meer tyd saam met die toilet as wat ek al ooit saam met enige ander wese spandeer het. Ons leer mekaar ken en op die aandring van my maag word ek en die toilet beste vriende. Teen dag twee en 20kg later onthou ek van my oom en sy koerant lees. My klein liggaampie is swak en heeltemal ontneem van enige water. Ek is moeg oor ek te bang is om aan die slaap the raak, sou my maag ontplof terwyl ek droom. Op 'n routine kuier na die toilet kry ek toe gedagte om my skool lees boekkie saam te neem.
Nou tot vandag toe is ek maar net die tiepe mens wat nie 'n boek kan neersit tensy ek nie op die einde van 'n hoofstuk is nie. Ek moet 'n stop punt he en kannie net in die middel van 'n blad besluit om die boek neer te sit nie. Daardie dag was dit amper die oorsaak van my dood.
A small Zeo, many years ago
Soos enige mens wat iets wil emuleer wat hulle nog nooit self gesien het nie het ek reeds in my brein uitgewerk hoe so 'n kuiertjie sal werk. Ek het my boekkie laat rus op die toilet houer, my broek af getrek en gaan sit. Voette raak skaars grond. En oor ek nog 'n klein seuntjie is moet ek mooi sit anders is daar 'n probleem.  Ons praat immers van daai jare se sub A seuntjie op 'n outydse groot porcelyn pot in Duncan straat. Dit het so vir die eerste minuut heel goed gegaan. Voel steeds swak maar hier sit ek soos 'n groot meneer en lees my boekkie op die troon. Stadig bekruip daai reuk my en my swak liggaampie wil vlou word. Ek sien sterre en besef dat dit was nou nie die beste van idees en hier moet ek uit voor hulle vannaand my dooie liggaam op die pot ontdek. Maar soos mens mos nou maar is as jy in 'n gejaag is het my balans verloor en alhoewel ek net 'n klein bietjie agtertoe kan gaan het ek bewys dat mens kan en dat jy dan kan vas sit. Boek in die een hand en toilet papier in die ander spartel ek my bene in die hoop dat dit leverage sal gee om my los te maak en op daai oomblik was ek bitter bly dat ek reeds op die toilet was. Ek het so paniekerig geraak dat dit smaak my iemand het 'n kraan in my maag op gemaak en vandag spoel ek my derms ook af in die toilet se dryn. Ek het na 'n lang tyd en baie gespartel los gekom. Meer gedehidreer as ooit tevore van die storie en dan nou die sweet ook, oor bekommernis van my laaste lewendige ure op die pot.
Tot vandag toe nog kan ek nie lees op die toilet nie. Ek verstaan ook glad nie hoe mens dit doen nie. Dis vuil en onhigiëniese. Jy stap in by badkamers dan staan daar rake met boekke en tydskrifte, alles van Huisgenoot tot die nuutste Loslyf. In die een hoek is daar n beker met wat vanoggend vars gedrukte lemoen sap was. Nou verwag die mense wie se huis dit is dat jy aan daai glas moet vat waar iemand reeds het hulle kom gevlekte hande aan gewerk het. Nee sies vok man. Visse sweet nie en die toilet is nie n kuier plek nie.

Mwah!

No comments:

Post a Comment