Tuesday 29 January 2013

Nonne op n treadmil (Virgin Active). Deel 2.

Dinge by die Gym gaan goed. Ons oeffen lekker en mens voel goed na die tyd. Nooit gedink dat dit is waar nie, maar dis werklik waar. Meeste aande wil ek net gaan dans as ons klaar is by die gym. Maar laat ek nou vir julle vertel hoe werk die gym, net sodat niemand n skok kry as hulle besluit om aan te sluit nie. Ek gaan julle vertel hoe dinge werk deur sketse van persoonlike gebeurtenisse te deel met julle.

Gym Wenk 1.
Wanneer jy by Virgin Active N1 City gaan gym, en jy is ‘n man, dan sal jy sien dat daar twee maniere is hoe om by die mans lockers uit te kom. Die een is die gewone ingang wat almal meestal gebruik. Op met een stel trappe en draai links. Loop verby die treadmills wat nou regs bo jou is an dan draai jy regs. Af met die trappe en daar is jy.
Die ander manier is om verby die swembad te loop en dan heel in die hoek is daar ‘n deur wat jy regs in draai by. En dan is jy daar. Of ek neem aan dis so maklik. Die rede hoekom ek aan neem en nie weet nie is oor ons het op dag een probeer kyk hoe werk daai ingang. Ons het by die normale ingang in gegaan vir die lockers en toe besluit ek dat ons dalk net daar deur moet loop om te sien hoe dit werk. Wat nie een van ons besef het nie is dat die swembad deur gaan ook verby die storte. So 5 meter verder, stap daar n oom verby ons. Maar as ek se hy is groot dan meen ek hy is groot. Nee nie gespierd nie. Hy is soos n hang kas gebou. Dis alles net een stuk van bo tot onder. Sonder om te stop het ek my in ‘n ander skoen size in geskrik en al grillend om gedraai en seker gemaak ek vok of. Ek was nou nog nie daar deur nie. Nee ek stort nie by die gym nie. Ja ek weet daar is moontlik mooi mans ook wat stort, maar 90% van die mans by daai gym is, soos ek, daar vir n rede. Moet my nie verkeerde verstaan nie. Ek is nie onnodig lelik nie. Ek se nie ek is mooi gebou nie. Maar ek wil nie eers myself kaal sien nie. Hoe de vok moet ek kyk na ander se jelly wat drill. Ooooo doner nee.  So dit is eintlik n dubbele wenk.

1.1 Moet nie mooi man soek by die gym nie, want daar is nie.
1.2  Vermy die storte. Ek sukkel nou nog om te slaap.

Gym Wenk 2
So gaan ek gym toe en ek is uit gekit. Ek het die Yoga broekkies in swart. Want ek wil mos nou nie loop been wys nie. Ek het t-shirts wat ek nie meer dra nie oor hulle al bietjie oud is. Nie gate of enige iets soos dit nie, net oud. Ek het n water filter bottle, by @Home gekoop, saam met my Polka-dot hand-doekkie. Ek het ook n sports alice-band in groen, wat mos nou sal seker maak dat die hare uit my gesig uit bly as ek sweet. Ek sien so paar dames wat op die masjiene is en hulle klets lekker met hulle neighbour by die masjien lanks aan.
Nie ‘n probleem nie. As hulle dit kan doen, dan kan ek mos ook. Ek en Paul kry toe nie op dag een fietse wat lanks mekaar is nie, oor die hele vokken Nothern Subburbs mos nou besluit om op ‘n Maandag te gym. So hier sit ek langs n vreemdeling. Dis so bietjie van ‘n issue vir my maar ek groet mooi want ons gaan mos nou lekker gesels terwyl ons fiets trap. Ek stel alles wat ek moet stel en begin trap toe…………………5 minute later toe loop die sweet my af. Die man lanks my praat niks want al wat hy sien wat lanks hom aangaan is n ding wat lyk of dit die fietsry marathon trap, met n gym alice-band skeef oor die kop. Hare wat ooral vas plak en my bindi wat nou teen my linker wang sit. Polke-dot is sop nat en water bottle nie groot genoeg vir al die vokken water wat ek nodig het nie.  Toe ek myself in die spieel sien wou ek myself nat pis van bang geit.
Die wenk hier is dat jy nie moet dink dat om rerig te gym gaan jou so vars soos n daisy los nie. Daai anties lieg, want nou het ek al gesien, hulle trap skaars.

Gym Wenk 3
Nou na al die gecardio wil ek so bietjie op die weights masjiene gaan. Turns out ek kan meer handle as wat ek gedink het ek kan. Of dalk is dit oor teen daai tyd ek in elk geval nie meer vokken enige iets kon voel nie. Waar ek loop los ek n plas sweet agter. Die hare wat nie geplak is nie, staan in alle rigtings en my oulike yoga broekkie lyk of dit aan geverf is van die sweet. Waar hier gaan ek om te “tone”. Weet nie wat de vok ek wil “tone” nie, want op die punt is ek nog nie bewus van enige spiere in my liggaam nie.
Die masjiene het almal prentjies by hulle en jy kan maklik sien hoe dit werk. Wel meeste van hulle. EK klim daar in n ding in wat lyk soos iets uit Star Wars uit. Volgens die prentjies is dit maklik, volgens ervaring is dit soos om twister te speel wanneer jy dronk is met n glas wyn in die een hand en ‘n sigaret in die ander. Die ding het n lever wat jy moet stel hier by jou bene en dit lyk of of jou kniee oor n bar moet gaan en jou enkels agter ‘n volgende een. Maar nou sit ek ook nie meer op die stoel nie. Ek le so half in ‘n hoop agtertoe, met my maag wat nou onder my keel sit en my hande keer net ooral dat ek nie moet af bliksem nie. In die proses het ek natuurlik vergeet om my gewigte te stel op iets wat werk vir my. Op die stadium is dit 25kg vir my bene. Dit was op soos 5kg gewees. Ek kry die bar gedruk met my bene maar my lyf draai amper 180 grade in die process en dan hoor jy dit……. Klang……klang……..klang……..klang…….kyk almal ek is die 5kg ou. Die skool meisies kan meer as dit doen maar ek klang……klang…….klang maar voort. Daar kom een van die vloer mense wat natuurlik gebou is soos ‘n action figure en probeer om my te ontknoop. Hy kry dit reg en nou voel ek of die aarde my kan insluk.
So die laaste wenk is dan dat jy seker maak dat jy weet hoe die masjiene werk voor jy dit gebruik.

So wanneer jy weer gym toe gaan onthou die wenke.

Mwah!

No comments:

Post a Comment