Tuesday 22 January 2013

Nonne op n treadmil (Virgin Active). Deel 1.


My hele lewe lank is ek een van daai moer wetters wat lag vir mense wat 'n tight schedule het by die gym. Dis mos so aaklige plek met mense wat spiere het en gans te veel are in hulle kop. Jy gaan soontoe elke dag om jouself in die 3 miljoen spieëls te admireer en verder drink jy rou eiers met water, melk en een of ander exotic wurm se uitskeidings. Hmmmm heuning van die Gode.

So middel laas jaar begin ek agter kom dat ek agtervolg word. Ooral waar ek gaan sien ek so nou en dan ‘n glimpse van iemand groot wat my volg. Maak nie saak waar ek is nie. Tot ek een middag in Canal Walk loop en toe ek so verby Foschini stap, sien ek my stalker weerkaats in die glas ruite. Die toe al die tyd my eie ass! Dis skaal het dit later bevestig.

Zeo the Hut
So nou wat gaan ek doen oor die feit dat ek elke dag meer en meer soos Jabba the Hut begin lyk? My voete raak al droër wanneer ek stort en ek is uit asem uit wanneer ek sit en niks doen nie. As ek beweeg voel ek my hart klop in my hol so benoud raak dit en ek draai skuins by stroke verby. So ek weet ek moet iets doen……en dit was dan nou ook die probleem.

Een môre in ‘n oomblik van nugter wees en swakheid, besluit ek toe mos nou dat ek by die gym gaan aansluit. Ek……..gym……..daardie twee woorde lyk sommer verkeerde saam in een sin. Kinders reg oor die wêreld het nou pas spontaan begin huil. Nonne en priesters bid hard oor hulle Bybels. Honde tjank in tale wat net Naomi kan verstaan, en sy praat terug. Die see vlak styg en selfs God besluit dat nou het hy alles gehoor.

Maar daar gaan ek gym toe om uit te vind hoe die storie werk. Paul is saam want dié het besluit dat hierdie stink kak idée van my eintlik die beste een is. Dis ‘n Saterdag middag en die gym is redelik leeg. Meestal mense wat daar moet wees oor hulle juis soos ek lyk. Sommige is so effe erger selfs. Ek voel goed. So asof ek nie meer nodig het om hier te wees nie en Paul moet my by die hekkie in forseer want ek was mos nou klaar hier. Daar moet ons wag vir ‘n knaap met die naam van Jason.

Op die rooi bankie waar almal wat reeds gym na jou kyk of jy ‘n sleg stuk vark botter is wat hulle liggaampies gaan kom besoedel, daar sit en wag ons vir Jason. Ek wil amper net jammer sê vir almal. Ek voel asof ek hulle calorie loss gaan beinvloed deur vet uit te asem in hulle skoon gejikde gym. Jason kom gelukkig en ons gaan na ‘n vertrek wat bietjie meer privaat is, wel vir my.  Hier verduidelik Jason vir ons al die voordele van die gym. Met sy perfekte arms, maag, borskas en twaalf jarige vokken vel wil hy vir my preek oor hoe om goed te lyk. Hy vertel ons van die special wat aan die gaan is en dat die special toevallig die Maandag wat kom, verval. Maar ek moet sê die special is eintlik baie goed.

Presies hoe ek gevoel het.
Die knaap probeer vriendelik wees en vra ons watter tye ons gaan gym en ons verduidelik dat ons ‘n baie besige en demanding leef styl het. Hy wil weet hoekom. Ek sê hom dat ek n normale day job het en na ure gee ek klas ook. En dit is waar ek dit wou los. Maar hy moet krap en vra. “Oh, what do you teach?”

Ai…en voor ek myself kan stop, is dit uit: “I teach Meditation and Reiki and Witchrcaft.” Hy raak bleek en sit terug in sy stoel. Hy vra mooi dat ek hom asseblief nie moet curse nie. Ek probeer ‘n grap daarvan maak om die mood bietjie te lig en sê hom “Well that depends on how my gymming goes.” Toe ek sy gesigs uitdrikking sien, toe besef ek dat dit was toe nou nie iets wat die mood gelig het nie. In teen deel.

Hier sit ons dan nou, twee gays wat witchraft be-oefen in ‘n vetrek alleen saam met n straight cut boetie wat pas self amper 'n stroke gekry het. Ek dink in ‘n attempt om tussen mense te wees sê Jason dat hy ons deur die gym gaan neem sodat ons beter kan sien wat daar alles is. Dis reg, ons stem in want op daai manier sal ons mos nou nie te veel van ‘n doos van onsself maak op die eerste dag nie. Alles lyk goed…….en toe kom ons by die een Studio.  Dit lyk soos die ballet lokaal op skool maar daar is weapons of mass destruction daar binne en wat ookal hulle daar binne doen, jy kan sien dit gaan seer wees.

Hy verduidelik van al die klasse wat daar gebeur en dan gaan hy voort om te sê dat daar boot camps ook gebeur. Waar hulle nou die mense soos in die middel eeue martel om te probeer om maer te word. Hy sê toe ook dat ons lyk soos die tipe wat bootcamp sal geniet en ek dink by myself of hy weet hoe naby aan daai curse hy rerig is. Maar ek laat hom mooi verstaan dat die liggaam is nie gemaak vir bootcamp nie en ons gaan voort.

Ons bespreek dat ons die volgende dag sal kom om ons lewens weg te teken vir die special en Jason sê hy sal daar wees om ons te help. Ons moet net vir hom vra.

Die volgende dag kan Jason ons nie sien nie. Ons word gehelp deur iemand anders, Moh. ‘n Sexy mannetjie nogal. Maar van Jason is daar niks te sprake nie. Net dat hy nie sal omgee as Moh die deal close nie.

Ek weet nou nog nie of dit is oor ons gay is en of dit is oor ons hom ‘gaan toor’ nie.

Skakel weer in om verder te lees van die avonture by ‘Virgin Active’



Mwah!!

No comments:

Post a Comment