Wednesday 13 June 2012

Kampeer


As daar nou een ding is wat ek glad nie verstaan nie dan is dit die menslike fasinasie om in die middel van die natuur in 'n tent te loop slaap. Ek hoor gril stories van mense wat allerhande dinge oorkom wanneer hulle gaan kamp en tog se hulle dis lekker. 
Wat jy dink gaan gebeur
Ek is die tiepe mens wat nie omgee om so bietjie weg te kom nie maar ek wil graag in 'n struktuur bly wat bestaan uit mure en vloere, n dak, vensters, deure en binne huise plumbing is n moet. Dis vir my 'n absoluute noodsaaklikheid om wanneer ek in die oggend opstaan na n toilet toe te kan gaan, wat ek nie die huis hoef voor te verlaat voor nie, om van my piss horing ontslae te raak.  En as ek gedurende die dag my vorige ete wil parkeer wil ek ook nie sukkel om my in my moer te stap na n long-drop waar ek heelmoontlik nooit weer die lig van dag sal sien nie.
Ek is nou nie kundige op die onderwerp van vakansie hou nie, maar as ek die storie reg verstaan is dit veronderstel om 'n tydperk  te wees wat mens weg kom en net relax. Kamp, soos in tent slaap, is alles behalwe relax.
Ek bekak my
As ek in die more opstaan wil ek dadelike met warm water, weereens sonder om die huis te verlaat, kan gaan na die stort om die reuk van intimiteit wat ek en my sexotiese man geskep het af te was. Ek wil nie onder n bliksemse emmer loop staan waar iemand water moet in gooi terwyl hulle kyk hoe my manlikheid my in die steek laat as gevolg van die minus grade van die berg water wat oor my hardloop nie. Ek wil ook nie na 'n stort gaan waar ek 'n bottle domestos moet uitspuit en dit om net in elk geval my plakkies aan te hou terwyl ek myself moet was nie.  En sou ek nou 'n situasies kry waar ek myself in dit bevind sal dit ook natuurlik 'n goeie ding wees dat ek reeds in die stort staan, net ingeval daar een of ander spinnekop n verskyning moes maak, soos my vriendin Paula vertel het van haar ervaringe. Vir die van julle wat nie verstaan nie. My blaas en hol sal in beswyk gaan as ek in die stort moet staan waar ek hoog op n plak is van al die dettol en domestos terwyl my plakkies glip en gly en ek my bes doen om nie aan die stort mure te raak nie, en dan 'n moerse spinnekop oplet wat bo in die hoek sit. Dit sal 'n baie goeie ding wees dat ek reeds in die stort staan.
Foto van 'n toilet in n kampeer park
Ek het nie n probleem om sonder elektriesieteit klaar te kom nie. Ek hou van vuur maak en as ek n wyn of drie in het dan verander ek in iemand wat alles wil brand.  In engels is daar n woord daarvoor, Nymphomaniac of pyromaniac? Hoe dit ookal is, ek kan n stuk harde houd laat brand vir ure en dan is ek reeds reg vir die volgende een om seker te maak dat ek nie koud kry nie. :)
Maar dis nou nie my idée van n lekker tyd om te moet loop vir ure deur die wild van die bos op soek na 'n plekkie wat lyk asof dit gemak kan aanbied. Daar 'n gat grawe en dan jou broek af te trek om in die baarmoeder van moeder natuur 'n bos kak te vang. Dan om boonop nog blare of jou hande te gedbruik as toitlet papier. Nee vok, en se nou jy gryp die verkeerde blaar en die ding brand of het dorings? Ek kan jou belowe dat jou naweek van "relax" is so in sy moer so in sy moer soos laas maand se paye.  Natuurlik bou die agitation op in jou oor jy nie kan koffie drink net wanneer jy wil nie. Wat bly om oor te doen? Rook en drink. Spyker wil jy nie, want jy is te doners bang dat iets buiten jou man aan jou begin suig. Stort wil jy nie, want daar mag jy dalk meer vuil uit kom as wat jy ingegaan het en toilet toe gaan is slegs iets wat jy doen as jy nou rerig in jou moer in dronk is, al jou moreele waardes verloor het en vokken braaf voel. So wat doen jy? Jy word maar dronk en praat kak. Dis hoekom almal se dit was so lekker gewees, want hulle onthou nie die stryd van elke toilet breuk nie. In teen deel, teen die tweede keer wat jy jouself bekak het loop jy maar net sonder 'n broek rond en ombat jy dronk is kan jy nie omgee as jou tottie nou wegkruipertjie speel in de koue nag nie.  
Nee wat, as daar nie n huisie is waarin ek kan bly nie, kan jy maar alleen gaan vakansie hou.

Mwah!!

No comments:

Post a Comment