Tuesday 19 March 2013

Dom Dronk


Toe ek op skool was, many moons ago (but who’s counting), het ek vreeslik jonk gelyk. Dan het ook nog die probleem dat ek eers aan die einde van die jaar verouder. Dit gepaart met die feit dat ek nie lief was vir die moontlikheid van in kak beland nie, het gemaak dat ek nie rerig probeer in sneak het by die clubs nie. Met die gevolg is, daar was baie house parties. Shame as Dawie se ouers se huis kon praat, was ek so diep in die kak dat dit unreal is. Amper elke tweede naweek n ander girl daar gehad. In die swembad, in die stort, op die pool tafel.......... Ai die goeie ou dae!
Die punt is, die eerste keer wat ek by n rowwe bar party was, was met my ex swaar se bachelors party. Dit was gehou by n moerse groot pub like club plek wat deur sy oom of iets besit was. Die plek, soos meeste pub like club plekke het so effe dodgy gelyk maar hier is ons nou en ons gaan party. My stief pa, op daai stdium, besluit dat ek kan maar daai aand drink, daar is nie worry nie hy sal betaal. Die ding is my vriend Quentin is ook saam en ons gaan mos nou die dam onder die eend se gat uit ruk. So vloei die drankies. Maar jy weet ciders en wyn kan man net so lank gelukkig hou, tot jy mos nou ‘n shootertjie of tien wil probeer. So gaan ek na die barman toe, wat ook die oom is en vra hom of hy shooters het. Hy se ja en haal ‘n bottel Archers Schnapps van die rak af.  Ek het al baie Archers gedrink so besluit dat dit nie n probleem sal wees nie. Hy gooi vir my en Quentin elk n dubbel shot………..O Jirre! Ek weet nou nog nie wat in daai vokken bottle was nie, maar dit was nie Archers nie. Dit was een of ander home brewed kak wat jou oop brand, van jou keel tot by jou poephol. Jy kan flamme geblaas het daarna. Maar dit doen die trick, want nie lank daarna nie is ek en Quentin albei op n heel ander meer happy vibe. Nou kan die wêreld vergaan en dit sal ok wees.
As Hitler nou by daai pub moes instap sal ek die man gesoen groet het terwyl ek se Shalom! Wies dan nou bang?
So gaan die aand aan en dinge raak net al lekkerder soos ons kuier. En soos man nou mar is as hy n drankie of tien in sy gat het, vergeet ek toe heeltemal van die bottel Archers wat alles oop maak. Ek en Quentin besluit dat mens kan net soveel wyn en ciders drink voor man mos nou dors raak vir n ou shootertjie. So vra ons die barman of hy shooters het, Hy haal n bottel Archers Schnapps van die rak af en ons dink, nee wat ons kan Archers drink. Hy gooi n dubbel shot vir elk  en soos dit ons mond dit tref, bring dit so effe iets terug van flame en oop gate. Dinge raak so effe dof maar gou gou is ons so reg soos wat ons moontlik kan wees en ons sit weer op die hoek van die bar en kuier verder.
Die kak is dat nou het ons al tegnies vier shooters in van een of ander Hillbilly home brew en die keer vang hy ons baie gou. Die wêreld raak mooier en mooier en alles is snaakser. Ons begin nou ook so bietjie met die mense mingle en kak praat want almal is dan mos nou sulke goeie mense hier by mooi plek waar ons vannaand kuier.Waar? Niks is dodge nie.
Maar dit was nie lank nie, toe is ons ook nou moeg van wyn en ciders en ons besluit dat ons wil uitvind of hulle dalk shooters verkoop. So vra ons die barman en hy haal n bottel Archers Schnapps van die rak af en ek ken Archers, het hom al baie gedrink so dit gaan nou nie ‘n probleem wees nie. Die barman haal dubbel shot glase uit en gooi vir ons. Die ding ruik so effe bekend maar ek kannie my finger daarop sit nie en toe ek hom sluk onthou van die flammende poephol, waar derms begin knoop. Ek voel so effe soos die butler op “dinner for one” en dit neem my ‘n oomblik om net weer my oe te kry dat hulle albei in een rigtin kan focus sonder dat ek so bietjie in my mond hoef te kots. Maar so oomblik later het ek my pose en die party gaan aan. Nou kuier Quentin al op die barcounter. Ek is op die stasie wat mens begin besef dat jy nou na is aan hoender hoeppel hoer toe dronk. So ek probeer nou eers pose hou. Maar dis nie lank nie en so paar glase later, toe lus ek mos nou vir ‘n ou shootertjie. Quentin se nee hy lus nie vir een nie want hey weet darem nou nie wat nou gebeur het nie, maar skielik voel hy baie kak. Is ook nou geworried dat hy die volgende oggend moet kerk toe gaan nog, want hy speel kitaar in die kerk koor. Nie meer nie, maar het op daai stadium. Ek is so bly dat ek nie hoef kerk toe te gaan nie, want ek is mos n heidin. Kom ons drink n shooter daarop. Die barman haal n bottel Archers af en ek weet ek kan Archers drink. N dubbel shot later weet ek nie meer wat oop gebrand is nie, waar  my derms is nie of wat my naam is nie. Die stripper kom uit, maar van haar kan ek nie veel sien nie, want dis asof my sig nou verander het. Ek voel soos n bytjie wat duisende klein prentjies sien. Nie een van hulle maak sien nie oor dit net a kaleidoscope is van kleure en vorms.
Dis daar wat ek skielik onthou het van al die Swampland Hillbilly Archers wat ek gehad het. Ek besluit toe daar, dat nou moet ek net mooi stil sit. Ek moet my mond net mooi toe hou want as ek nou gaan probeer praat, gaan dit eerstens klink soos n doof stomme van die Avril Elizabeth home en tweedens gaan die persoon met wie ek praat, dalk vrek van alcohol poisoning. En ek kannie met my dronk gat nog in die tronk ook loop sit nie. Onthou daai jare was ek vreeslik straight nog! So daar sit ek nou maar. Met Quentin kan ek praat want ons is albei ewe fucqed en op die stasie verstaan ons mekaar nog perfek. Ja dit klink seker soos 'n alien encounter vir die res, maar dis ok. Hy sal ook nie vrek nie want hy het net so baie soos ek gesuip. So ek is veilig in sy geselskap. Met 'n moerse gejuig is ons eventually die aand daar uit en af met al daai staal trappies, sonder om my vokken nek te breek. Maar dit was wel skielik baie vokken trappies hoor. Nou gaan ons vir Quentin af drop en dan drop my stief poe…., my by my suster se huis af, want sy is alleen daar, oor bruidegomgat by sy ma bly vir die aand.
Toe my suster die deur oopmaak kon sy sien. Hy nou weg! Ek le toe in haar seuntjie se recies kar bed. Sy kamer is langs die badkamer, wat ek kan voel ek binnekort moet gaan besoek. Soos ‘n slang syl ek van die bed af na die badkamer en daar aanbid ek toe by die altar van die porcelyn God Braka! Die ding is dat in my gelowige toestand wat ek daar half le en half kniel, gee ek my offerhande aan Braka en na elke offerhand het ek vir een of ander rede na my suster geroep en en gese “Sussie!! Jou toilet ryk lekker!!”
Ek weet tot vandag toe nog nie wat in daai Archers bottel was nie, maar apparently het dit my sussie se toilet laat lekker ruik!

Mwah!

1 comment: