Thursday 4 April 2013

23 Augustus


Johan was nog nooit in sy lewe so alleen soos wat hy vandag is nie. Dis asof die wêreld sy betekenis verloor het, en nou is hy net nog een van die gesiglose wesens wat op n automatiese wentelbaan deur sy lewe sal gaan soos iemand wat nie self ‘n rol speel nie. In sy 73 jaar op die aarde het hy nog nooit so koud gekry nie. Nie fiesies koud nie, maar die is ‘n innerlike koue, ‘n koue wat mens slegs ervaar wanneer daar nie meer iemand is om jou siel warm te vryf nie.

Hy was nog altyd n man wat ‘n lus gehad het vir die lewe. Hy het ‘n lied in sy hart gehad wat niemand sou kon stil maak nie, en toe gebeur vandag. 23 Augustus 2012. Sy selluler is eintlik taamlik stil en daar was nie te veel mense nie. Maar dan weer, wat het hy verwag? Soos mens ouer raak is dit mos asof jou mense vergeet jy leef. Hulle skeep jou al meer af en voor jy dit weet sit jy alleen saam tien ander mense wat jou ouderdom is op die 23ste Augustus. Niemand anders gee tog om nie. Johan verkies dit eintlik so. Hy sal eerder die oomblik deel met tien mense wat opreg is as ‘n honderd mense wat in elk geval nie omgee nie.

Hy het besluit dat hy nie vandag terug sal gaan na die meentehuis waar hulle bly nie. Of is dit nou “hulle gebly het nie”? Maar hy besluit om nie so daaraan te dink nie. Hy sal later daarheen terug keer. Vir nou kort hy om rondom mense te wees wat hy nie ken nie. Mense wat nie die herhinneringe en verlange in hom erger kan maak nie. So hier sit hy nou in ‘n koffie kroeg. Sommer so by die ‘bar’ en drink n beker swart boere troos. Snaaks, die troos wil nie werk nie en hy is al by sy tweede beker. Hy is hartseer. Dis die perfekte beskrywing. Dit voel asof sy hart hier diep binne sy borskas besig is om uit mekaar uit te skeur en daar is niks wat hy kan doen daaroor nie. Geen pil of pleister kan dit regmaak nie. Die hartseer is so oorweldigend dat hy homself nie eers kan kry om te huil nie. Dis nie dat hy nie wil huil nie. Hy gee nie om wat die mense dink nie, maar die trane wil nie, of kannie kom nie.

Die deur van die koffie kroeg ting-a-ling soos dit oop maak en n moderne blonde poppie stap in. Haar jean is so styf dit moes aangeverf gewees het. Haar hare vasgemaak in n halfhartige bolla en oor haar oorfone praat sy met iemand aan die ander kant van haar selluler. Sy kom sit langs Johan en hy kan hoor dat die ‘n liefdes gesprekkie is wat plaasvind. “Nee sit jy neer…….nee jy………okay kom ons doen dit saam” Dit herhinner Johan so aan sy eie lewe, maar net baie baie jare gelede. Sy sit die foon uit eindelik neer en sonder dat hy bedoel om dit hardop te sê, glip die woorde by sy mond uit
“Is mooi”
“Is jy nie bietjie oud om rond te kyk nie oupa?” val sy aan.
“Ek is jammer, ek bedoel die manier wat jy en jou kêrel praat, dis mooi. Laat my terug dink aan………” Johan kannie die woorde wat in sy keel vas sit uit wurg nie en hy staar net voorentoe. ‘n Enkele traan rol oor sy wang.
“Ag shame oupa! Is jy okay, kom ek stick jou vir n rondte. Waitress!! Twee vanilla Latté’s asseblief. No Skim, low fat, geen suiker.” Sy kyk na Johan se amper lëe koppie “Nee oupa, die lewe kannie so sleg wees dat jy swart koffie moet drink nie.”
“Dankie, en noem my sommer Johan.”
Voor sy haarself weer op ruk (oor hy kamtig flirt) sien sy die trou pant aan sy linker hand “Candice, aangenaam. Waar is ouma? Weet sy jy sit hier alleen in ‘n koffie kroeg en chat met jong girls?” Candice gee ‘n giggel en dadelike sien sy dat Johan net weer staar.
Hy weet hy is nie die beste geselskap op die stadium nie, maar ombeskof gaan hy ook nie wees nie.
Candice sien dadelike die treur in Johan en besluit dat hy nodig het om daaroor te praat.
“Shame Johan. Wanneer het dit gebeur?” sy vryf sy skouer.
Hy kon nog nooit verstaan hoe, as mens se hartseer is, dat jou skouer altyd gevryf word. So asof daar n onsigbare paneel op jou skouer sit wat die hart beter laat voel as dit gevryf word. Maar hy stop haar ook nie. Die geselsie, weet hy, is wat hy eintlik wil he, maar natuurlik nie sal erken nie.
“Vyf dae gelede. Begrafnis was vandag.” Hy bedoel nie om kort af te wees nie, maar die knop in sy keel en traan in sy oog wil hom nie toelaat om volle sinne te maak nie.

“Hoe lank was julle saam?” vra Candice verder. Hou hom aan die praat, is al wat sy dink. Laat hom daaroor praat en hy sal beter voel. Sy kan nie eens indink hoe erg dit moet wees op so ‘n oue ouderdom om jou vrou te verloor nie.
“Ons was nog kinders toe ontmoet het. 1956, so ek was 17.”
“Shit maar dis n lang tyd né? Ek wonder of ek en Michael dit so lank gaan hou, dis my kêrel.” Haar gesig kry nuwe lewe as sy die naam Michael se.
“Die lewe is anders vandag. Julle jong mense het nuwe uitdagings en nuwe dinge wat julle getrouheid toets. Ons het nie daai dinge gehad nie. Ons was vir 56 jaar saam en elke dag getrou aan mekaar. Ons het nie Internet en al die chat rooms gehad nie. Dit was maklik om lief te raak vir iemand en lief te bly. Dis so natuurlik soos asemhaal”
Die Latté’s word voor hulle neer gesit en Johan bly aan staar in die verte.  
“Dis so romanties. Ware liefde. Julle was seker so gelukkig.”

“Ja, ons het mekaar se lewens vol gemaak. Ons was alles vir mekaar. Selfs deur die moeilike tye het ons saam gestaan en dinge saam geveg. Maak nie saak wie wat gese het nie, ons was ‘n span. Wel tot en met 5 dae gelede, en nou sit ek hier, in ‘n koffie kroeg. Eensaam en alleen. Ek is te oud om te vergeet en aan te beweeg. Al wat nou nog voor my lê is die dood.”
“Ag nee, Jy kan mos nie sommer so net wil opgee nie.” Sy sit sommer reg op en los sy skouer. “Ek is seker daar is baie wat jy het om voor te lewe. Wat van julle kinders en die klein kinders?” Haar kyk aan hom is een wat diep binne in sy siel in kom en ‘n wond oop maak, ‘n wond wat hy gedink het nooit weer sal oop gaan nie.
“Ons het nie kinders nie. Kon nie.” Nader aan die waarheid is die feit dat hulle nie mag kinders gehad het nie.
“Ja dis nou ‘n jammerte, jy sou n awesome pa gewees het. Ek kan dit sommer sien. Jy is al klaar my nuwe hero, ek wil ook eendag so lank soos jy verlief wees op iemand. Dis regtig amazing. Ek neem jou sommer aan as my oupa.” Sy giggel weer en gee hom so effense stamp van die skouer.
“Ja dit sou lekker gewees om ‘n kind te he” Dan sou hy iets gehad het om voor te lewe. ‘n Kind sou hom aan die gang gehou het nou. Dit sou die swart leemte in hom vol maak. As dinge maar net anders was.

“Ek bet julle was n sexy couple. Wys my n foto toe. Laat ek sien hoe ware liefde vertoon wanneer dit so mooi uitgebeeld word.” Johan dra ‘n foto in sy beursie, soos meeste mense mos maar doen. Hy haal sy beursie uit en huiwer. Wil hy rerig nou dit doen. Wil hy rerig hier waar dinge nou net begin draag saam word weer herhinner word aan die prag gesig van sy verlore liefde.
Voor hy registreer gryp sy die beursie uit sy hand uit. Sy maak dit oop. Stil staar sy na die foto. Soos n vuurpyl spring sy op en gooi Johan se beursie na sy gesig. Dit bons teen sy borskas en val op die vloer.
“Jy sal in die Hel brand jou siek vark!” skreeu sy terwyl sy uit storm sonder om vir die Latté’s te betaal. Gelukkig het hy nog so paar rand in sy beursie.
Sonder om ontsteld te raak oor haar optrede buk hy af om sy beursie van die vloer af op te tel. Die beursie lê oop voor hom en die eerste ding wat hy sien is die foto van hom en David wat soen.
Hy kan dit nie keer nie. Die trane rol oor sy wange. Hy dink terug aan 56 jaar van liefde wat David langs hom gestaan het. Met n bewende hand haal hy ‘n honderd rand noot uit en sit dit net neer. Hy kan skaars sien deur sy trane. Mense begin na hom staar en kyk en hy besef dat hy tog wel omgee oor wat hulle dink. Sy liggaam krul vooroor soos wat hy huil maar hy moet by die koffie kroeg uit.
“Hoekom moes jy my los David?” huil hy by homself.

Ting-a-ling gaan die deur oop om hom uit te laat. Hy loop so vinnig as wat hy kan, maar die pad terug na die meentehuis moet hy stap op geheue want deur die trane kan hy niks sien nie. Soos hy loop praat hy met homself.
“Jy was my lewe, my alles. Hoe kon jy dit aan my doen? Hoe kon jy my alleen los? Ek mis jou elke minuut van elke uur”
En toe kom die slag. Remme wat skreeu. Toetters wat blaas en mense wat gil “Pasop!”
Vir n oomblik voel hy so lig soos n veer, maar amper dadelike daarna tref hy iets hard. Hy weet dit gaan seer wees.

“Johan,…….Johan” Hy hoor sy naam gefluister word. Sy ooglede gaan oop en David staan oor hom.
“Johan, kom nou, word wakker”
“Is…….is dit werklik jy David? Ek…..ek dog ek het jou verloor.” Trane van blydskap val saggies en stadig oor sy gesig
“Jy sal my nooit verloor nie Johan. Liefde, so sterk soos ons sin, kan nooit vir lank weg van mekaar gehou word nie. Ek het jou ook gemis. Ek konnie sonder jou aan gaan nie.” David soen hom saggies teen die bloed wond op die voorkop. Die oomblik toe hy sy lippe wegtrek verdwyn die wond.
“Ek verstaan nie” Johan probeer homself op stut op sy elmboë en besef dat hy nie seer is nie. Glad nie.
“Daar is niks om te verstaan nie my lief. Ons is weer saam, dis al wat saak maak.”

1 comment: