Tuesday 20 November 2012

Waar daar 'n Hobbit is?...........


Ek het nou al baie gepraat in my blogs oor mense, vriende wat my gehelp en gevorm het tot die mens wat ek vandag nie is nie. In die verlede, weet ek, het ek al gepraat van my vriendin Samantha Smith, of soos ons haar affectionately noem, Hobbit.
Hobbit in die storie van "The Thing About Trees"
Die noem naam is iets wat sy die eerste aand wat ons mekaar ontmoet het, gekroon mee was. En die rede daarvoor is maklik verstaanbaar. Toe lengte uit gedeel was, was sy nie in die lyn nie. Sy was nie vokken naby die lyn nie. Sy is omtrent letterlik die lengte van een van Tolkien se Hobbits. Sy is nie ‘n dwerg nie, sy is net moer kort. Dis haar disposition. Seriously, die chick is kort. Neem ‘n maatband en meet uit 1.29 meter. Dit is hoe kort sy is. ‘n Vokken Hobbit. Hel haar dildo’s is amper groter as wat sy is. Jeff Dunham kan sy hand in haar gat op druk en haar gebruik as n puppet.
Verder is sy vreeslik onopvallend. Ek bedoel dit nie as n ombeskofde ding nie, maar langs my, lyk sy baie boring. Sy dra geen make-up en het geen piercings (nie eers oorbelle nie, dit is n lang storie).  Sy het klein oevaal brilletjies en ‘n slap, kan nie worry, ponytale. Die is vas gemaak met n pers velvet scrunchy (ja soos in die 80’s) wat n goue draadtjie in dit het. Ja, dit is die EEN wat sy dra. Daai ding is al moeg gedra, maar hare sal hy vashou!
Van klere koop weet die arme vrou ook nie veel nie en dis nou al n roetiene dat ek gaan saam as sy klere wil koop, anders lyk sy soos ‘n ondier in ‘n tracksuit.
En as jy haar net mooi genoeg vra sal sy haar tietties vir enige man of vrou wys. Nie oor sy n slet is nie, net oor sy nie body hang-ups het nie. Dit is nogal iets van haar wat ek admire.
Die rede hoekom ek besluit het om oor die vrou te skryf, is die kak wat by haar mond uitval. Dis asof sy net n halwe gesprek met jou het en die ander helfte gebeur in haar kop. Die twee helftes stem ook nie altyd saam nie en wat sy dan doen na die praat stem bitter selde oor een met die twee halwe gesprekke. Dis party maal net makliker om jou kop te skud.
Hobbit as Voortrekker Heks, but die Big Walk
Die naweek wat verby is het ons die vrydag aand n Dedication Ritual gehad en die Saterdag was my en Paul se verjaardag partytjie. Hobbit se kar is in sy moer in. Ek se toe vir haar dat ons haar sal kan optel vir die ritual maar ons gaan nie weer daarna Tableview toe om haar af te drop nie, dus sal sy moet oorlsaap. Omdat sy oorlsaap sal sy dan ook haar goed moet pak die die partytjie van Saterdag. “Sjoe” se Hobbit “maar dis baie goed om rond te dra.” Nou let wel, dat die Ritual en die Partytjie is alby, by Augustha se huis gehou. Verder se Hobbit toe “Dalk moet eerder dan reel dat ek by Augustha oor bly die aand”
What the Fucq!! Hoe los dit die probleem op van baie goed pak? Weet ek nou nog nie, maar ok daar gelos. Sy gaan mos nou met Gustha reel. Vrydag aand, na ritual se Hobbit dat ons neem haar mos weer huis toe……erens het ek n chapter gemis. Die girl se kop clutch nie altyd lekker nie.
Ons gaan na McDonalds, was so aan die begin van die jaar. Stop by die drive through en ek order wat ek wil he. Nou kyk sy na my met n vraag teken op haar gesig. So asof ek nou weet wat sy wil he. Let wel sy bestuur, dus is die drive through speaker aan haar kant. Sy seg heel gedooie vir die vrou “I will have that thing with the cheese”. Dis vokken McDonalds, die helfte van hulle menu het kaas op en sy vra vir die ding met die kaas. Hoe de poes?
Hobbit se kyk
Nou weet die arme cashier antie nie mooi nie want eish man, this was not in da training. Sy vra natuurlik vir Hobbit, hoe meen sy. Hobbit weet nie wat die ding met die kaas se naam is nie en raak nou bevok vir antie cashier, oor sy haar pressure om n antwoord te gee. Dis maar net maand einde. Die hele vokken Parow is by die drive through, nee ons het tyd dat Hobbit en die Cashier mekaar nou goed bevok kan maak. Nou “eish, eish” die cashier en Hobbit vok al aan met “the thing with the cheese”. Tussen in kry ek so elke nou en dan kyk van haar af wat se “Kan jy glo die vokken cashier” Ek is iewers tussen lag, huil en dood skaam. Uit eindelik bestel Hobbit toe nou maar net gewone burger want sy kan steeds nie onthou watse ding met die kaas dit is nie. Die cashier moet teen die tyd n bottle Rescue Remedy down. Right ek dog toe nou dat dis nou klaar. Wat ons die kos kry, besef ek dat die storie is toe nou nie klaar nie. Jirre daar gaan Hobbit af oor die dat sy die verkeerde ding gekry het. Want sy wou nie eintlik nie burger gehad het nie, sy wou die ding met die kaas gehad het, maar die vokken cashier se nalatigheid, sal sy nou maar die kak burger eet. Ek was stom gelsaan en teen die tyd ook nat gepis van die lag. Ek ken nou al vir Hobbit vir amper 3 jaar. En ek het goed geraak daarin om maar net kop te skud.
Hobbit as die Queen of Hearts
Maar laat ek jou dit vertel van haar. As jy 2uur die oggend ‘n probleem het, dan is sy daar. Sy is n earlike lojaale mens en ‘n moerse bok vir sports.
Mense het my al gevra: “hoekom is jy vriende met haar, sy weird my uit.” En veel ander dinge ook wat nie so mooi is nie. Ja ons almal weet sy is gevok in haar kop en dat sy die kortste crayon is in die pak. Sy weet dit ook, maar sy is een van daai rare mense wat die lewe net soveel beter maak omdat sy ‘n opregte vriendin is. Deur al haar kak en voorbarigheid en die feit dat sy nie reg dink nie, of partykeer vokkol dink nie, is sy 'n regte vriend wat werklik n wonderlike mens is. 

Met al jou kak is ek baie lief vir jou meisie!
Mwah!

No comments:

Post a Comment