Tuesday 9 October 2012

Bestuurs Bom!!

Laas Donderdag aand oppad na Cecilia se huis toe, om haar af te drop, besluit ek mos toe dat ek het nou 'n by in my gat en wil leer hoe om te bestuur. Ja ek het ook drie glase wyn in my gat gehad maar ek doen enige iets beter met 'n bietjie motiveering van my friend Namaqua.
Ek vra vir Paul of ek kan bestuur, dis net soos twee draaie en ses blokke na Cecilia se huis toe. Hy vra toe hoeveel wyn het ek al gehad? Ek se: “Net drie glase”. 
Stilte........ 
Ek vra weer en hy se nee. Ek draai om na Cecilia en se haar “Nou sien, hoe moet ek leer as niemand my wil leer nie?”
Volgende oomblik stop die kar en toe ek weer kyk staan Paul lanks my en se: “Nou toe kom, bestuur.” Ek is oor die die wolke, maar my bene is swaar en soos ek uit die passesiers kant klim bewe my kniee so erg dat dit smaak my ek gaan enige oomblik neer bliksem. Maar met een of ander God se genade maak ek dit tot binne die bestuur stoel en daar sak my suiker.
Skielik is dit of ek agter die stuur van n viegtuig sit. 'n Miljoen knoppies en dials en goetters en as ek die verkeerde een druk of draai of trek dan kak al drie van ons die kar. Nou daar sit ek en vir daai oomblik weet ek nie waar die petrol is nie, ek weet vokkol van vokkol af nie. My hart klop in my gat en ek voel so effe swak.
Paul verduidelik mooi van wat is wat maar my kop hoor niks. Ek probeer net kalm bly anders weet ek gaan hy my nooit weer agter die stuur toelaat nie. Cecilia maak nie n piep agter in die kar nie. Shame arme vrou dink nou seker terug aan haar lewe en begin bid vir al haar sondes, net incase die man op die hout kruis regrig was.
Reg sit die ding in neutral. Draai die sleutel en trap die petrol net so effe. Wroem wroem, maak die kar en tiekkie wa wiel maak my poepol. Nou moet ek glo die clutch in trap en dan in eerste sit. Ok dit gedoen. Nou kom die kak. Nou se Paul, ek moet dat die counter net so op 1.5 laat bly en dan moet clutch los, stadig terwyl ek petrol trap. Klink maklik. Wel dis toe nou glad nie so vokken maklik soos wat dit klink nie. Eerstens om daai vokken naald op 1.5 te hou is 'n nagmerrie. Ek hou so die naald dop, dat ek van alles rondom my vergeet en as ek dit reg kry dan juig en laat los alles, dan vrek die kar. Right nou kry ek die clutch trap storie in my kop. Niemand se my hoe mens trap nie. Volgende oomblik spring daai kar voorentoe, hy ruk so 4 keer 'n moerse hou en staan stil.
In my denke sien ek nou al dra arme Cecilia n nek stut en sy bid harder. Reg ons gaan weer probeer. Naald is op 1.5, probeer nou die peddles trap, maar die keer sagter. Vokkol gebeur en die kar vrek net. Soos n sagte poep wat net stilletjies uit kruip en niemand weet van niks nie. So staan die ding net.  Cecilia “klink verlig”.
Right ons probeer weer en ek maak dit tot net so voor die stop sign, want toe ek moes briek trap, toe trap ek. Mos nie geweet die donerse goed is so sensitief nie. Wel die kar het gestop, dis wat blangrik is. Cecilia dra nou ook n oog patch want sy het haar kop fucked up gestamp in die stop, wel in my denke. Sy begin ook saggies te hummm, highlights van “Sound of Music”. 
Reg nou is ek voor die stop en ek moet regs draai. Nou vir die mense wat my nie ken nie, ek kan op n goeie dag nie onthou wat links of regs is nie. Hier sit ek nou agter die stuur van S.A.L. se grootste boeing, sweet tap my af asof ek onder Victoria Falls staan en saggies in die agtergrond hoor ek “The hills are alive!”, maar ek moet regs draai. 
Op een of ander vokken manier kry ek die tuig om te start en ek vrek hom nie weer maar die stop is op my so ek moet draai. Ek raak mos natuurlik bietjie angstig, bietjie excited en bietjie vreesbevange so dus het ek nie beheer oor petrol nie. Ek trap net Pappa. Van ‘n indicator is daar nie eers denke nie. Ek weet in daai oomblik nie wat die ding is of waar hy sit nie. Ek vokken draai net en hoop tot een of ander God wat 'n sin vir humor het, dat iemand nie nou in my gaan vas ry nie. Cecilia se klou merke sit nou nog teen die vensters agter die drywer stoel. 
Maar ek is om die draai en so excited dat ek dit eintlik gemaak het, dat ek laat los alles weer en juig! Da vrek die bliksem weer. Paul is heel kalm. Hy is so geduldig met my, maar van agter my hoor ek so n nervous giggle wat nou al “nearer my God to thee” begin sing. Want sien, daar is nog een links draai oor dan is ons so te se daar. So met crash helmit op die kop, sit Cecilia nou maar en wag rustig vir haar dood.
Na so twee keer se ruk ruk en petrol floor is ek weer om daai draai teen n stink spoed maar ek kry nie die vokken ding reguit nie en die sypaaidjie kom nader.  Ek laat los alles en trap die briek met alle mag. Ons is so twee huise weg van Cecilia sin af mar sy se dis ok, sy sal loop. En so toe doen sy sommer dit ook. Paul neem toe oor en bestuur huis toe. Ek het wel vir Cecilia dankie gese dat sy die experience met my gedeel het maar ek dink nie sy het rerig n vok omgegee oor enige iets op daai punt nie. Paul aan die ander kant was sy normale kalm self gewees die heel tyd. En so begin ek nou leer om te bestuur!

Mwah!

3 comments:

  1. So in other words you can become an evangelist..... every time you get behind the wheel....you put the fear of God in everyone! bwahahahahaha
    ~Cheers Mel~

    ReplyDelete
  2. Well I must say it sounds like you did quite well. The first time I drove I nearly drove the car (not my car by the way) into a poll. I kid you not there was a centimeter between the poll and the car. Two years later I think Niels is still thanking the Gods that I have such a good sense for knowing when climb on the breaks.

    ReplyDelete
  3. As dit help, die eerste keer wat ek agter die stuur in was het ek amper 'n hele trop koeie gelevel...nie net een nie, die hell bleddie spul...want ek ry vreesbevange op hulle af en die donnerse goed kyk my net met sulke dooie bruin oe en hou aan kou....needless to say, ek klim nogsteeds nie agter 'n stuurwiel in nie.

    ReplyDelete