Thursday 13 October 2011

Kuns en Kultuur

Ek tik die blog in Afrikaans want ek dink nie dat daar enige ander taal is wat die ervaring kan verduidelik nie. Dis ook snaaks dan dat ek Afrikaans kies om my emosie oor te dra, want toe ek nog kind was, het ek altyd gedink dat Afrikaans n aaklige taal is vir enige emosie en ek het altyd gewens dat ek n Engels man kon wees.

Gisteraand was ek en my geliefde man Paul na ‘n kuns en poësie uitstalling in die Kuns-Kaap sentrum. Een van Paul se vriendinne wat saam met hom buik dans doen was die kunstenaar en digter. Gerda Louw, ‘n naam wat julle almal maar gerus kan gaan opsoek, ‘n naam wat nog vele male gaan verskyn.
Gerda Louw
Elke skildery was gepaar met n dig. Die dig het nie die kuns verduidelik nie maar uit gebry daarop. Die uitstalling se naam was ‘Passage’. Gerda verduidelik hoe die ry skilderye en die poësie wat daarmee saam gaan, jou nie tot n eind bestemming bring nie, maar net hoe dit ons bewus maak van elke stap wat ons neem op ons ‘Passage’ om onself the ontdek. Sy daag ook die aanskouer uit om verby die kuns te kyk. Om te kyk wat sal in elke stuk volgende gebeur. Dus word die kuns nie net a storie van Gerda se lewe nie maar elk een van ons ful aan tot wat ons oë sien en so word haar storie, my storie, jou storie, ons storie.
Die musiek van die klavier en die saksefoon wat gespeel word deur twee mense op die maat van musiek wat jou terug neem na n tyd sonder sorge en probleme akkommedeer my stap langs die muur van kuns en poësie.
Ons begin die ‘Passage’ met n gedig genaamd ‘Gallery’. Ironies genoeg was dit vir my een van my gustelling stukke.

‘versplinterde skeppings
wat hang in die gange van ‘n verwronge realiteit’

Dis net twee reels van daai dig en van daardie oomblik af was ek absoluut binne in Gerda se skeppings. In n wêreld waar dit vir my voel asof elke stuk werk geskryf of geskilder was om iets vir my te betekin. My gunstelling dig stuk was een met die naam “Ek is anders’. Emotioneel staan ek voor die raam teen die muur waar die stuk hang. Die knop in my keel form en vergroot en ek voel hoe raak my oë nat. Ek sal later uitvind dat dit is ook haar gunstelling stuk.
Paul kon nie genoeg kry van haar kuns met die naam ‘La Traviata’ en vir rede. Vir my spreek dit van maskers. Maskers wat ons op verskillende tye en verskillende paaie vir verskillende redes dra.
Gerda se dig bundel 'Eg'

Die klavier en saksefoon is nou vergesel deur 'n stem wat sing in die mooiste toon. En hier staan ek voor die kuns stuk wat my die heel aand terug roep om weer te kom kyk, ‘Meisie op die spiraal trap’. Dit spreek tot my siel, van waar ek vandaan kom tot waar ek nou is en waarheen ons gaan sal net hemele alleen weet, maar voor daardie stuk het ek heel aand gesit en ek kon myself heeltemal vireenseldig daarmee. Dit was asof sy die net vir my geskilder het. Asof Gerda presies geweet het wat in my lewe aangaan soos n God wat uit die hemel my elke stap dophou en die stuk kuns vir my gee om te se, ‘Ek weet’.

Gerde Louw se werk kannie gemeet word nie. Een van die gaste het gese hy voel soos hy gevoel het toe hy die eerste keer een van Van Gohg se stukke gesien het. Dit was heeltemal asemrowend en n plesier en eer om daardie talent te kon aanskou.
Gerda het ook n dig bundel wat te koop is en natuurlik moes ek net een he.

Gaan kyk gerus na haar webtuiste op www.gerdalouw.com of kontak haar op art@gerdalouw.com

No comments:

Post a Comment