Tuesday 17 January 2017

Oog Druppels

Ek het 4 tattoos en op n stadium het ek 11 piercings gehad. Huidiglik het ek 9. Ek hou van n goeie adrenalin rush en spoed. Ek het steke in my kop gehad, myself al so in my moer geval dis nie eens snaaks nie, velle van my rug af getrek soos ek op die teer my gat gesien het. My punt is, ek is al deur baie en ek kan redelik baie hanteer wanneer dit kom by my liggaam.
Daar is alhoewel een deel van my liggaam wat nie n vok hou van weird kak nie. My oë. Eyeliner of soos dit mos nou genome word guyliner en mascara is al wat jy naby my oë kan bring.

Kom ons stop net gou hier en praat eers oor ‘guyliner’. Guyliner…really? Dis nou n produk wat mans, die apparent ‘metrosexual man’ of die Johnny Depp wannabe’s (onthou ons praat nou spesifiek van straight mans) gebruik om hulle oë meer intens te maak soos n vrou s’n. Maar is hulle is so bang om dalk n moffie genoem te word dat hulle eerder ‘n nuwe bullshit naam moes uitdink en nou noem ons dit guyliner. Wat volgende? Manscara? Fucqing get over yourselves.
Terug na die punt. Dis asof my oë net mooi maak produkte toelaat naby hulle. Vir die res kan jy gaan kak. Hulle gee jou die finger.

 My lieffie het Saterdag begin met ‘n irretasie in sy regter oog. Net so skielik. Nee jou doos dis nie ek wat apparently nie kan aim nie. My aim is altyd in. Ons is die oggend uit vir ons draaie wat ons moet maak en sy oog raak net erger. Dit traan en jeuk en brand en krap. Teen die tyd wat ons by die huis kom (en ons was nie so lank uit nie) lyk sy oog soos ‘n muis poessie in paartyd. Klein, pienk en opgeswel. Jis dit pla my toe.
Ek kan baie dinge hanteer. Ek kan half dood van die siek wees myself, maar as my man siek is wil ek deur die dak gaan. Vir twee redes. 1. Ek hou nie daarvan dat my lieffie nie lekker is nie. 2. Vok hy is n difficult patient. Hy is nie een van daai wat dood gaan nie. Nee hy makeer niks. Sy arm kan af vrot en vir hom is dit niks nie. Hy sal net aangaan. Jy moet hom omtrent in die bed vas strap dat hy daar bly. Gelukkig kan ek ‘n knoop maak en ek raak mos nou so opgewonde as ek tog net iemand kan vasbind en … sjoe maar dis n mooi dag vandag.
Om nou n lang storie kort te maak, kom dit toe uit dat hy het pink eye, conjunctivitis. Nou het hy oog druppels en salf en n pienk eye patch.

Teen maandag aand begin ek dink dat, hou aan man, ek staan mos nou ook n kans om die kak te kry. Dis hoogs contagious. Ek het dit nog nooit gehad nie en ek wil ook nie. So wat is dit nou wat ek kan doen wat dit dalk sal prevent. Die oog druppels wat hy gekry het kan ek mos nou ook gebruik…Onthou julle daai eerste deel wat ek julle vertel het van my oë en weird shit? Nou wil ek druppels in dit gooi.
In die verlede het ek al vir myself probeer druppels in gooi as my oë droog is of iets. Teen die tyd wat ek klaar is, is alles vokken nat, van druppels en sweet, die botteltjie is leeg en my oog is nog kurk droog. Beddegoed moet gewas word en als. Daai move van jou eie oog oophou..asseblief man. Dis mos my eie vokken hand. EK sien moes hoe die botteltjie nader kom. Hoekom sal my hand my oog oophou as altwee van hulle kan sien hoe kom die kak nader. Punt is dit werk net nie.
Right, so nou moet en my man lief vra om asb die druppels vir my in te gooi. Hy se ja kom en staan gereed in die eetkamer. Ek se hom ons moet kamer toe dat ek op die bed kan le. Nee se hy dat sal okay wees in die eetkamer terwyl ek staan. Ek het net so aangekyk en kamer toe gestap. Vok ek weet mos nou hier kom kak. Pappa volg my.
Daar le ek op die bed. Hy kry die satans druppels  wat gemaak is in die vure van Mount Doom in Mordor en ek le, so rustig as ek kan. My ligaam is rustig. My oë is besig om uit te freak soos Sauron nader kom. Julle onthou daai Nightmare on Elm street movie waar die hond aan die begin vlamme pis in die scrap yard en dan bars die die grond oop waar Freddie weer gebore word (Bwhahahahahaha Imagine Freddie Kruger as ‘n reborn, hahahahahahaha), wel dis wat my oë op die stadium sien.
Nou weet ek dis iets wat moet gedoen word. Prevention is better than cure. Ek waarsku Paul my oë is besig om elke horror movie te herleef. Hy gooi die eerste druppel en soos Houdini, dodge my oog dit. Teen die tyd is my kop so ver agter in die metras van die bed, dat ek dink my kop se imprint sit vir altyd nou daar. Nou begin Paul te verstaan. Hy vice grip my kop tussen sy bene. Ek voel hoe word die metaal goedjies langs my kop geskroef vir die electro shock therapy.
Met sy oop hand trek hy my ooglede oop. Ek voel die surgical blade hulle afsny. Ek wil hulle
toe knyp maar ek kannie, ek het nie meer ooglede nie!  Die 35 liter kan hydrochloric acid kom nader aan my oog. Hy se ek moet vir my neus kyk. Hoe de vok kyk ek vir my neus as Norman Bates sy Psycho mes al nader aan my oog bring. My liggaam wil los spartel maar dis asof ek ‘n paralyses ervaar, Hag fever. In die mids van al my panic, kots Regan MacNeil in haar possessed state in my oog.
Dit brand soos die paper cut tussen jou tone wat sout op gekry het. My hart klop in my hol. Die sweet tap my af. My linker arm voel sommer phantom hart aanval pyn. My bene is stywer getrek as Forrest Gump sin toe hy nog ‘n seuntjie was. Maar die oor, dis verby. Ons is klaar.
En toe hoor ek hoe se my lieffie: “Reg, is jy gereed vir die ander oog?”

No comments:

Post a Comment