Friday 9 December 2016

Heilige Waarheid

Ek wil julle graag neem op n denkbeeldige rys. ‘n Rys wat afspeel in ‘n tyd toe die land nog kerklik was en die lewe “makliker”. Laat ons nou ons tassies pak en op die rit gaan waar jy jouself in die hoof karakter se skoene plaas. Hier gaan ons ‘n moderne ervaring hê van dit wat rerig gebeur in hierdie las lappie land van ons. ‘n Land waar elke person geregtig is op hulle eie droom, maak nie saak hoe kak die droom is nie en waar ons ook die reg het om daardie droom in ander se keel gate af te dwing. 




“Sleuteltjie, sleuteltjie op sag satyn. Laat daar ‘n storie uit die blog verskyn.”

Dis Sondag more vroeg en die wêreld is mooi. Die lug is blou en die son is nie te kwaai nie. Dis die tipe weer wat maak dat mens buite in die velde van Austria wil hardloop, sodat jou voorskoot in die wind wapper soos wat jy sing oor die klank van musiek. Jy maak die beste koppie koffie wat jy nog in jou lewe gehad het en die pap is vanoggend net lekkerder. Die lewe is ‘n sprokie. Jou gesin is mooier en in jou wese weet jy dat niks jou onder kry nie, want Jesus loop saam met jou. 

Jy trek jou beste kerk pakkie aan en met n lied in die hart loop jy kerk toe. Hier groet jy jou medemens. Dit is hier waar jy behoort. Hierdie is jou almaknater. Hier is jy geskep tot die wonderlike mens wat jy vandag is. Hier voel jy veilig en gerus want nie net is jou medemens hier nie, maar ook Die Gees. Almal is vrolik en praat gesellig oor hulle wonderlike lewens. Waarvan die hart vol is loop die mond oor. Die tante praat oor die kermis, daardie oom oor hoe mooi die tuin lyk, hierdie tante oor hoe dominee se preek van laas week haar geraak het en al om jou speel die gehoorsame kinders. 

Die klokke lui en almal beweeg in. Soos jy in die heilige huis in stap voel jy 'n vrede oor jou kom. Beter en veel meer salig as enige person wat al oor jou gekom het, dalk nie lekkerder nie, maar beslis meer vreedsaam. Jy neem jou plek in, in die voorste helfte van die heilige huis. Almal staan soos die predikant voorentoe loop en open met die eerste sang. 

“Hoe groot is U. Hoe Groot is U…”

Predikant wys dat jy kan sit en soos een man, soos ‘n kammaraderie sit almal. Die preek vandag is vreeslik roerend. Dit raak jou diep. Diepper as laas week se anal probe in die donker privaat kamer van Adult World. Jy weet dat as daar enige preek is wat die sluwe slet op die agterste bankie kan red dan is dit hierdie preek. Dit roer jou emosies en bring ‘n traan op wat oor jou wang rol. Ja hier is waar jy werklik net kan wees. Hier waar alles altyd mooi is en goed gaan. Hier langs jou broers en susters sal geen skade jou ooit aanval nie. 

Almal staan weer vir die tweede gesang.

“Daar’s vissies in die water, kyk hoe swem hul rond…”

Predikant kondig af dat die mense, die broers en susters wat geneesing nodig het nou na vore mag kom. Dis die rede dat jy elke Sondag in die voorste helfte van die heilige huis sit. Sodat jy eerste kan wees in die genesings ry. Nie dat jy dit nodig het nie, maar dat predikant se seeninge net so mooi is en jou net so goed laat voel. Soos ‘n vuurpyl is jy op en eerste in die ry. Jou sluit jou oe soos wat jy jou eie stil gebed doen. Met jou oe steeds gesluit tree jy na vore vir die seening. Jy kan n naald hoor val in heilige huis. Vir die oomblik is jy so dankbaar soos n Jood vir Schindler se lys. En dan hoor jy dit 

“tttttssssssssss”

Die geluid word gevolg met n bek vol Doom. Hier staan jy, stom geslaan van seeninge weet jy nie meer wil he nie, maar jy weet dat geen vlieg, mier of kakkerlak op jou gaan kom sit nie, want die heilige vader het dit goed gesien om jou te laat doom. Net soos blits is jou perfekte dag nou ook in sy moer in.

“Dankie sleuteljie op sag satyn”

Family Pack of Doom - Redemption
Hoe gebeur dit? Hoe in ons lewe is daar 'n kerk waar die mense ment vokken Doom gespuit word. Kyk moet my nie verkeerd verstaan nie. Die entertainment value hiervan is vokken prysloos. Jy kannie die kak opmaak nie. En alhoewel ek myself in my beste poes in lag hieroor moet ek ook net dink hieraan. Hoe werk dit dat geen persoon, nie ‘n enkele lid van die gemeente gesê het: 

“Heibo, you want to do what?” 

Hoe is dit dat n hele kerk okay is daarmee om geDoom te word? Dit is seker iets wat net tussen hulle en Jesus is, want geen ander vokken mens of wese kan daai kak plaas nie. 

Ai die interesante tye waarin ons lewe. Dis ‘n tyd tegnologie. ‘n Tyd waar ons met die hulp van garlic, aartapels en beet ons siektes onder beheer kan hou. Nog beter, ‘n tyd waar ons net kan stort om seker te maak dat ons nooit die siekte sal kry nie. ‘n Tyd van internet sex en 3d pornographie. Dan nou ook inderdaad ‘n tyd waar insekte gif, nee meer spesifiek, Doom, ons kan genees van kwale wat voorheen net ‘n god kon genees. 

xxx

No comments:

Post a Comment