Thursday 22 August 2013

Klere Koop Saam Zeo


So kom die dag dan nou toe ook wat ek klere moet koop vir werk. Ja button up shirts en sulke meer corporate goetters. Kan jy dit glo. Vir die wat my nou nie ken nie, laat ek net verduidelik. Ek word omtrent nooit gesien in enige iets wat net vaag weg ‘n suite resemble nie.
Paul is mal oor daai look. Dis wat hy dra en dit werk rerig vir hom. Hy lyk baie sexy in sulk klere, maar vir my persoonlik is dit boring klere. Mense wat nie colours kan match nie en wat nie kunstig is nie, dra dit. Dis net my opienie en julle hoef nie saam te stem. Ook gaan ek jou nie haat oor jy daardie klere dra nie. Baie mense wat ek ken dra dit, en nou ek ook.
So besluit ons dan nou om Maandag aand wat verby is klere te gaan koop. Sommer daar in my Hemel, ja Canal Walk, waar my saligmaker my bank kaart is. Dan weer hy kan ook partykeer die duiwel van self wees. Maandag was so kombinasie van die twee. Alhoewel ek mal is oor shop is ek nie mal oor boring klere shop nie. Dus die verwarring met die bank kaart se naam. Plasticus Christos of Brokezebank. Maar in geval Plasticus Christos ‘n Judas op my trek en in Brokezebank in verander het ek ook my trusty TFG kaart by my.
So vaar ons winkel na winkel in op soek na 'n broekkie en hempie. Iets wat sal werk vir die corporate wêreld. Maar nou, ek is ‘n groot ou (Paul!....focus!). Ek is 1.8 meter lank en weeg amper 130kg (nie iets waar op ek trots is nie, maar ek se maar net.) Ek dra ‘n 36 denim. Vind jy nou op die Godin se groen aarde ‘n swart broek in 36 en dan wen jy sommer ook 'n vokken Toyota.
Hulle het teering rot size (dis nou n 28) en dan het hulle nice body (32) en dan Holy Fucqing Crap (dis nou n size 44).  44, weet jy hoe vokken groot is dit? EK het niks teen groot mense nie, glad nie. Het baie groot vriende, maar as jy ‘n broek so aankyk, dan kom jy agter hoe groot is 'n 44. En ek weet nie van ander mense nie, maar ek sien nie my vriende as groot nie. Hulle is amazing mense wat ek dag in en uit mee kan gesels. Maar terug na die storie.
Teering Rot
Daar sien ek toe iets wat my rerig amper in my broek laat stoelgang (Dankie Lynn-Miri). Daar is n broek in size 27. Ja in die groot mens afdeling van die mans klere. Ek kon my vokken oë nie glo nie. ‘n 27. Weet jy hoe uit geteer ‘n 27 is? Dis ‘n teering Sprinkaan (Dankie Denise), vok dis Angelina Jolie. As jy ‘n 27 is, eet net vokken iets asseblief, ‘n toebroodtjie, enige iets, maar vokken eet net.
Ek gaan nou vir n oomblik hier vulgar wees. Dit betekin ek gaan bar, ombeskof en onder die belt wees. ‘n 27. As ek mos dit in die hande moet kry, dan breek ek sy pelvis, rugraat en kakebeen.

Right, eventually toe besluit ek dat ek nooit ‘n broek gaan kry nie en dat ek nou maar net n hemp gaan soek.  Nou vir die van julle wat nou nog nooit (mense soos ek) regte werks hemde gekoop het nie, dis moer confusing. Daar is twee nommertjies op die hemp, net so onder die kraag. En nie een van hulle het enige iets te doen met s / m / l / xl nie. Nee dis nommers soos in wiskunde. Ja mens het nou deesdae n bliksemse graad nodig om ‘n hemp te kan koop. Ek weet nou nog watter nommer beteken wat nie.  Hoe de moer moet ek dit weet. Dis nie asof enige iemand dit verduidelik nie. Daar is nie instruksies nie en probeer jy ‘n winkel assistant kry in die land wat 1, sy werk geniet en 2, actually praat sodat dit nie klink asof hy besig is om in sy mond op te gooi nie.  Nou wat doen jy? Old school.
Paul meet die hemde se arms gate teen my rug en ons sien of dit gaan pas.
Ek haal so pers nommer van die rak af, mooi kleur. Dink dit lyk so bietjie groot en ek sien Paul lyk so effe benoud. So asof hy by homself dink “As daai hemp jou pas, dan sky ek jou vet gat”. Paul meet die hemp teen my en God se waarheid dit vou so om my lyfie. Ek het lanklaas so maer gevoel. Ek voel skoons of ek nou op ‘n ramp kan gaan stap.
Natuurlik dit het nie my Pitagoras hemp nommer probleem op gelos nie. So gaan ons maar van hemp na hemp en soek iets wat lyk of dit okay gaan wees. Ek dink natuurlik dit lyk soos ‘n een man tent, maar Paul probeer hard om my gerus te stel. Ek gaan daarna, na die pas kamer toe.
Hulle is besig om Edgars oor te doen en die pas kamers is nou klaar, Dit het so 70’s retro vibe. Dis nice. Heilige Gees maar dis groot. Hoeveel spasie het mens nou rerig nodig om n hemp en of broek aan te pas? Dis so groot soos my vokken badkamer. Die hele cast van BelAmi kan hulle volgende movie daar skiet. (kom ons kyk wie gaan daai reference kry).
Dis ek op die stadium, maar watch this space.
Ek het toe ook eventually 3 hemde gekry. Kannie glo hoe duur so 'n boring stuk lap is nie, maar ok. Ek moet dit mos nou he, so wat kan man maak. Gelukkig was die skoenne koop maklik gewees. As daar mos nou een iets is wat ek ken, dan is dit skoenne koop. Het ook my eerste rooi paar skoenne gekoop. Hoer rooi. Ek love dit! Stunning!
Wel die einde van die storie kom neer dat ek lyk nou nie meer soos iets wat deel is van ‘n proef, vir werk nie. Maar die trauma was amper net te veel vir my. Die punt is, julle vroue het dit soveel makliker as mans. Julle het ‘n verskeidenheid van dinge wat julle kan dra. Rok of Romp of Broek of Leggings en amper alles is aanvaarbaar vir werk. Volgende keer as jy wat vrou is kla oor klere koop, dink aan jou arme man wat dalk ‘n 36 broek dra. Want geen vokken winkel het daai size nie. Ek het eventually een gekry, maar ek gaan nie se waar nie. Dan verloor ek my enigste plek om ‘n broek te koop.So nice is ek nogal nie.

Lekker koop.

xxx

1 comment:

  1. Die ander ding vir lang mans:
    sodra jy lank is, neem hulle aan jou middel is ooreenkomstig *uhm...lank*. As ek iets kry wat oor my enkels gaan moet ek basies kussings onder my belt sit om die ding te laat pas.

    ReplyDelete