Dis laat nag in die hartjie van die somer en ek en Paul le
op die bed en kyk movie op die Laptop. Dis die dae voor ons n TV gehad het.
Maar dis warm, so warm dat in die nag dat daar val gaar voels uit die lug uit.
Dis amper soos om KFC te bel om te kom aflewer, net baie vinnger en heeltemal
verniet.
Ek le in n vest en my boxers en selfs die, laat my voel of
ek in n sauna sit met n fur jas aan. Mens het lus vir niks nie. Alles is taai
en sweeterig en jy bid vir die waaier om tog net vinnig weer you kant toe te
draai. Ek skuif al nader aan Paul oor die waaier aan sy kant is. My koeldrank
is besig om te kook in die glas. Maar hier le ons nou en movie kyk. Uit die
hoek van my oog gewaar ek ietsie wat agter my by die deur in gevlap kom. Ek
weet dadelike wat dit is maar is amper te bang om die naam te. So asof ek die
ding rerig gaan upset maak as ek hom op sy naam noem. Stadig, baie stadig, leun
ek oor na die laptop en druk die space bar om die movie te pause.
Paul kyk my aan en vra hoekom pause ek en al wat ek kan uit
kry is: “Daar is iets in die kamer”
Ek draai om na die deur se kant toe en daar sien ek hom.
Groot, bruin met moerse vlerke en n tracking system wat mense uit ken wat bang
is vir hulle. Mense soos ek. Paul jaag badkamer toe en kom terug met n handvol
2-ply toilet papier. Ek verstaan nie, want my liggaam het nog nie, amper maar
nog nie, in beswyk gegaan nie en
hy is sekerlik nie bang vir die ding nie. Nee, toe sien ek dat hy bedek
Kakkerlak se kind met dit en dra die bolletjie wat nou soos Moses in die
mandtjie lyk, na die badkamer. Ek raak rustig en toe hoor ek die woorde van die
badkamers af: “oh shit.” Toe weet ek dat die doner sit nog hier iewers in die
vokken kamer.
Op daai oomblik neem ek rekening van my sondes en ek weet dat
die nag gaan of bitter lank wees of my lewe gaan nou bitter vinnig tot einde
kom, maar net een van ons, ek of Kakkerlak, gaan vannaand lewendige hier uit
kom. Die ander een sal die ewige met die onewige verwissel.
Dit is op daai stip oomblik wat ek myself toe nou ook in die
kas bevind. Net sodat julle nie hoef te wonder nie, ons het n loop in kas. ‘n
Vertrek wat uit ons slaap kamer uit loop waar ons klere gebere word. Maar hier
staan ek in die deur tussen kamer en kas. Paul is nou by die kamer deur en die
arme man soek die indringer. Ek besef dat Paul het nie lense in nie en die bril
le op die bedkassie en vir n oomblik verloor ek al my sinne en besluit om te
help soek. Pleks ek sluit myself toe in die kas. Moes die bybel gryp en begin
bid het, net ingeval die kerklike
tannies reg is. Maar nee, ek besluit om te help soek.
Paul soek by die deur en ek staan nou op die bed en probeer
kyk as ek nie iets sien nie. Nou mens wil mos nie vinnig dinge op lig en skuif
nie want die ettertjies is vinnig en hardloop of vlieg sommer. Soos n
verkleurde mannetjie is Paul doennig want my kamerjas en al my horde serpies
hang teen die deur waar die moer wetter nou weg kruip. Paul besluit dat
kakkerlak nie teen my kamerjas is nie, hy haal dit af en skud dit uit.
Die bloed verlaat my gesig. Ek voel hoe word ek ys koud en
die kamer draai om my so asof ek n kas brandewyn gedrink het. Kakkerlak WAS in
die kamer jas maar is NOU oppad na my toe en ek kannie gou genoeg wegkom van sy
tracking system af nie. Net so voor ek die engel van die dood se hand op my
skouer voel en sy koue asem in my nek besef ek dat kakkerlak sit op my heup en
al wat tussen my en hom is, is my boxers.
Teen n spoed wat baie vinnger is as die van lug, staan ek by
die agter deur en ek het nie n draad klere aan nie. Ek weet nou nog nie hoe ek
in daai twee split sekondes my vest en boxers uit gekry het, verby Paul
gehardloop het by die kamer uit, deur die sitkamer en kombuis om voor die
agterdeur te staan. Natuurlik met my kom my eie gegil agterna, maar dit klink
soos n dogtertjie van 6 wat pas uitgevind het dat Fader kersfees n pot kak is.
Net so voor ek die deur oop sluit besef ek dat as ek nou
buiten toe gaan kan al die bure my sien en daai vokker se tentacle gesin sit en
wag seker vir my buite. Ek het eers tot my bewussyn gekom toe ek myself kry
waar ek op die bad se rand sit met ‘n toe deur, my eie gil steeds hoog in die
huis en ek sit en hyg asof ek die pas 80 kilometer in 2 minute gehardloop het.
Arme Paul weet nie of hy moet kakkerlak vang of kyk of ek ok is nie.
Ek het Stadig uit die badkamer gekom. Weereens besef ek is
so naak soos die dag wat ek uit gesny was en nou staan ek in die sitkamer. Al
wat ek kan uit kry is: “Ek slaap nie n moer vannaand met daai ding los in die
huis nie.” Daai nag het ook weer besef hoe n wonderlike man ek het, want hy het
nie eers een keer gekla toe ek hom maak al die meubels, insluitend die bed, uit
die slaapkamer dra om ons kakkerlak vriend te find en hom na Paulus en die goue
poorte te stuur.
Mwah!!
hehehehe thats so funny :.) but if i look at what a big boy you are I would not think a 6yr old girls voice could come out there lol. Good one
ReplyDelete