Ek het 4
tattoos en op n stadium het ek 11 piercings gehad. Huidiglik het ek 9. Ek hou
van n goeie adrenalin rush en spoed. Ek het steke in my kop gehad, myself al so
in my moer geval dis nie eens snaaks nie, velle van my rug af getrek soos ek op
die teer my gat gesien het. My punt is, ek is al deur baie en ek kan redelik
baie hanteer wanneer dit kom by my liggaam.
Daar is
alhoewel een deel van my liggaam wat nie n vok hou van weird kak nie. My oë.
Eyeliner of soos dit mos nou genome word guyliner en mascara is al wat jy naby
my oë
kan bring.